EST. 2024

Die enigste parallelmedium
skool in Pietermaritzburg
en die Middellande

Liefde

Dissipline

Gelykheid

Positiwiteit

Volharding

Respek

Integriteit

Veerkragtigheid

Liefde

Verantwoordelikheid

Riverwood College

Welkom

Riverwood College is ‘n trotse Suid-Afrikaanse skool met seuns en dogters vanuit alle agtergronde en kulture. Riverwood College is die enigste parallelmedium- en gemengde geslagsopleidingsskool in Pietermaritzburg en die KZN-Middellande. Hierdie unieke handelsmerk, tesame met die kwaliteit onderrig en ‘n verskeidenheid aktiwiteite, maak van ons die perfekte skool om gebalanseerde, positiewe en produktiewe jong Suid-Afrikaners vir die toekoms te lewer.

AKADEMIE

Ons spog met uitstekende akademiese standaarde en uitslae asook gekwalifiseerde en toegewyde onderwyspersoneel..

SPORT

Ons glo dat ‘n omvattende sportprogram ‘n integrale rol in leerders se holistiese opvoeding vorm.

KULTUUR

Ons leerders word aan ‘n wye verskeidenheid kulturele geleenthede blootgestel, wat selfuitdrukking en kreatiwiteit bevorder.

Om die toonaangewende parallelmedium skool vir seuns en dogters in KwaZulu-Natal te wees.

Om ‘n uitnemende skool te wees, gebaseer op Christelike waardes, waar leerders die geleentheid gebied word om binne ‘n veilige en moderne ruimte uit te blink in Akademie, Sport en Kultuur.

Toelating

Word Deel Van Die Riverwood Familie!

Word deel van die Riverwood familie! Riverwood bied ‘n waardegedrewe, gebalanseerde opvoeding aan leerders vanaf graad 1 tot 12. Ons moedig voornemende ouers aan om meer oor ons toelatingsproses uit te vind.

Koshuisinwoning

Ontdek Founders House

Ons bied koshuisinwoning vir meisies en seuns vanaf Graad 8 tot Graad 12. Ons inwoningsfasiliteit, Founders House, word gereeld na verwys as ‘Die Hart van die Skool.’