Akademie

Riverwood College is bevoorreg om met ʼn uitmuntende akademiese standaard daaruit te sien, sowel as met opgeleide en bekwame onderwyspersoneel. Ons beskou dit as ons missie om die klasonderwysers, die departementshoofde en die voorligter nou te laat saamwerk om elke leerder te ondersteun. Hier beskou ons onsself as ʼn verlengstuk van die familie-omgewing en help ons met die holistiese ontwikkeling van elke leerder, sodat hy of sy akademies, fisies en geestelik kan ontwikkel. 

Ons beradingsdepartement bestaan uit bekwame Lewensoriënteringonderwysers en ons het ‘n opvoedkundige sielkundige op ons skoolterrein. Ons het ‘n wonderlike verhouding met tersiêre instellings wat ons gereeld besoek deur die jaar. Hierdie aspekte help ons leerders om aan te pas by die eise van adolessensie, om interpersoonlike verhoudings te ontwikkel, studievaardighede te ontwikkel en om die regte vakkeuses vir hulle toekomstige loopbane te maak.

Aanlynleer

Riverwood College bied volledige aanlynklasse aan deur middel van Google Classroom. Google Classroom is ‘n gratis diens en elke leerder ontvang ‘n Google rekening en persoonlike Riverwood College eposadres. Google Classroom maak dit makliker vir leerders en onderwysers om met mekaar in verbinding te tree – binne en buite skoolverband. Google Classroom spaar tyd en papier, maak dit maklik om aanlynklasse te skep, om take te versprei, te kommunikeer en georganiseerd te bly.

Vakkeuses

‘n Graad 8- en Graad 9-leerder word onderrig volgens die Uitkomsgerigte Onderwyssillabus, wat agt leerareas voorskryf.

Graad 8

LLC Afrikaans
Engels
MLMMS Wiskunde
NS Fisiese Wetenskappe
Lewenswetenskappe
HHS Geskiedenis
Geografie
A & C Kuns & Kultuur
LIFE Lewensoriëntering
Liggaamlike Opvoeding
TECH Tegnologie
EMS Rekeningkunde
Besigheidstudies

Graad 9

LLC Afrikaans
Engels
MLMMS Wiskunde
NS Fisiese Wetenskappe
Lewenswetenskappe
HHS Geskiedenis
Geografie
A & C Kuns & Kultuur
LIFE Lewensoriëntering
Liggaamlike Opvoeding
GRDS Ingenieursgrafika en -ontwerp
TECH Tegnologie

Graad 10 – 12

KIES EEN AFRHL Afrikaans Huistaal
ENGFA Engels Eerste Addisionele Taal
KIES EEN MATH Wiskunde
MLIT Wiskundige Geletterdheid
LIFE Lewensoriëntering

Keuse vakke Graad 10 – 12

Kies EEN in elke lyn

**Vetgedrukte vakke word nie in aanmerking geneem vir Universiteitstoelating nie.

LYN 1
PHSC
Fisiese Wetenskappe
BSTD
Besigheidstudies
CNST
Verbruikerstudies
DRMA
Drama
LYN 2
HIST
Geskiedenis
ACCN
Rekeningkunde
GRDS
Ingenieursgrafika en –ontwerp
HIST
Geskiedenis
LYN 3
LFSC
Lewenswetenskappe
GEOG
Geografie
ELTT**
Elektriese Tegnologie
CATN**
Rekenaartoepassingstegnologie