Kultuur

Leerders by Riverwood College geniet ‘n wye verskeidenheid kulturele aktiwiteite wat selfuitdrukking aamoedig en selfvertroue bevorder. Dit moedig leerders aan om hul kreatiwiteit te verken en hul talente te ontwikkel.

Ons is bevoorreg om personeellede te hê wat hierdie aktiwiteite met passie aanbied en baie ekstra ure aan die kinders wy in die strewe na uitnemendheid in hul onderskeie kundigheidsvelde.

Daar is ‘n kaleidoskoop kultuuraktiwiteite by die skool:

Redenaars en Olimpiade

Ons bevorder Afrikaans as ‘n Huis- en Eerste Addisionele Taal met individuele en spangerigte (on)voorbereide toesprake en debatvoering (ATKV Redenaars en Debat) asook uitdagende, maar pret, eksamens op nasionale vlak (ATKV Senior en Junior Olimpiades) vir alle grade. Kom probeer dit en sluit gerus by ons aktiwiteite in Afrikaans aan!

Debat

Riverwood College neem al vir ‘n aantal jare deel aan die Pietermaritzburgse Debatliga. Dié liga ondersteun privaat- sowel as publieke skole in die stad. Die spanne is entoesiasties en sal aanhou om waardevolle vaardighede te leer wat hulle in staat sal stel om beter te presteer op alle gebiede van skoollewe.

Taalbond

Dit is ‘n Afrikaans/Engelse tweetaligheidseksamen way op nasionale vlak geskryf word. Dit volg die formaat van ‘n finale skooleksamen. Dit is ‘n eksamen wat jou na skool in ‘n goeie posisie sal plaas. Jy ontvang ‘n sertifikaat om jou standaard van tweetaligheid te bevestig. Dit is ‘n uitdagende eksamen, maar beslis die moeite werd om te skryf!

Koor

Riverwood College se kore bestaan uit: Skoolkoor, Kamerkoor, Jeugkoor, Gospelkoor, Meisies en Seuns Ensemble en 7 Harmonies en sing ‘n verskeidenheid liedjies uit verskillende genres, wat strek van tradisionele musiek tot popmusiek. Met elke optrede laat hulle die gehoor se harte saamdans. Ons het ‘n tradisie by Voortrekker om elke jaar ‘n brugkonsert te hou. Ons gebruik die unieke argitektuur van ons skoolgebou as ‘n lokaal vir die konsert. Die akoestiek op die brug laat die engelstemme van ons koorlede nie net deur die skool weergalm nie, maar ook oor ons kampus eggo.

Presidentstoekenning

Die presidentstoekenning is ‘n internasionale erkende sosiale kwalifikasie. Die doel van die toekenning is om jongmense te bemagtig deur ‘n gebalanseerde, nie-kompeterende raamwerk vir selfontwikkeling te voorsien. Daar is drie vlakke en elke sluit ook ‘n avontuurreis in, of dit nou ‘n staptog, ‘n roei-ekspedisie of ‘n avontuur te perd is. Die aktiwiteite waaraan jy reeds op skool deelneem, maak die grootste deel uit van jou toekenning.

Basiese Elektrisiteit

Ons leer vir leerders die basiese van elektrisiteit, basiese huisbedrading, ligkonneksies en muurproppe, wys vir hulle hoe ‘n KW per uur meter werj, asook die verskil tussen 3-fase en enkelfase elektriese krag.

CSV

Ons is ‘n Christelike groep wat alle denominasies van Christenskap omhels. Ons gaan op baie avonture gedurende die jaar, insluitend kampe en staptogte na World’s View. Ons het in die verlede al saam met Scripture Union gewerk en is dankbaar en geseën met die geleenthede vir spirituele groei wat hierdie groep vir ons leerders by die skool skep.

World Scholars' Club

Die WSC is ‘n wêreldbekende kompetisie waar leerders van regoor die wêreld kompeteer in aktiwiteite soos debat, kreatiewe skryfkunde, vak- en algemene kennis vasvrae. Ons spanne het die afgelope drie jaar van deelname aan die kompetisie verskeie toekennings ontvang.

Shakespeare Schools Festival

Die Shakespeare Skolefees is ‘n jaarlikse teaterfees. Feeste word regoor die land gehou. Die geselskap het die geleentheid om ‘n Shakespeare toneelstuk binne ‘n 30-minute tydraam op te voer. In KZN kry leerders die geleentheid om op ‘n professionele verhoog op te tree by die Playhouse Teater in Durban.

Drama en Teater

Die dramadepartement by Riverwood College is ‘n nuutgevonde departement wat bedryf word onder die titel Die Werkswinkel. Die doel is om leerders se gedagtes en liggame kreatief te betrek en hulle die geleentheid te gee om hulself uit te druk deur hul kuns.

Pom Poms

Die Pom-poms bestaan uit ‘n groep senior meisies in Grade 10 – 12. Die meisies tree op voor die 1ste rugbyspan hul wedstryde speel. Ons werk hard en spandeer vele ure saam en so word ons ‘n “familie”. Om deel te wees van hierdie groep is ons meisies se trots en vreugde.

Uitreik

Uit ‘n behoefte om ook ons eie gemeenskap te dien, werk Riverwood College saam met Thembi se kleuterskool. Een keer per week bring ‘n skoolbus vol leerders ‘n uur by die kleuterskool deur. Saam vorm ons klei, bou ons legkaarte, maak kuns en geniet dit!

Funk

Funk is ‘n interskole dansprogram met die doel om skole te verenig deur na ‘n gemeenskaplike doel te werk. Die bied ook aan leerders die geleentheid om ‘n fisiese beweging/dansteaterstuk te skep en te repeteer. Funk moedig nie net spanbou, kreatiwiteit en selfvertroue aan nie, maar dit slyp ook ‘n waardering vir die kunste.

Skole in Pietermaritzburg neem aan hierdie weeklange optrede by die Universiteit van KwaZulu-Natal se Hexagon Teater deel.

By Riverwood College kan leerders kies om aan dans deel te neem gedurende aktiwiteitsles. Hier leer hulle ‘n verskeidenheid van vaardighede wat strek van selfvertroue na die werkswinkelproses van ‘n finale stuk skep. ‘n Groep leerders word gekies om die skool te verteenwoording by die jaarlikse Funkproduksie. Moenie bekommer indien jy nie hierdie jaar gekies word nie, daar is ander geleenthede waar jy ook jou danstalent ten toon kan stel, insluitend Mnr. en Mej. Riverwood.

Noodhulp

Die leer van vaardighede, wat nodig is om iemand in ‘n mediese noodgeval te help, kom handig te pas en meer gereeld as wat jy dink. As jy tyd kry om hierdie vaardighede by verskillende geleentheide op skool saam met opgeleide professionele te beoefen, maak dit hierdie aktiwiteit nie net lekker nie, maar ook ideaal vir ekstra krediete wanneer jy aansoek doen by tersiêre instellings.

Landsdiens

Landsdiensleerders is ‘n groep wie se hande vir niks verkeerd staan nie! Ons fondasies is gelê op vier pilare: liefde vir die Skepper, liefde vir ons medemens, liefde vir die omgewing en liefde vir arbeid. Dus, wat doen ons? Ons maak tuin en verwyder uitheemse indringers, maak die Dorpspruit skoon en plant inheemse bome en struike.

Ons besoek ouetehuise en skyn lig op die inwoners se lang dae, bak koekies vir hulle en sit net en luister na hul stories. Diere is ‘n passie vir ons en ons besoek dierebeskermingsorganisasies en lewer ‘n bydra deur kosinsamelings in die skool te dryf.

Gedurende vakansies kamp ons saam met eendersdenkende lede van regoor die land waar ons deelneem aan leierskapkursusse en vriendskapsbou. Leerders kan ‘n reeks toekennings verwerf en elke aktiwiteit waaraan hul deelneem of inisieer dra by tot punte. Die toppunt is die Springbok-toekenning, wat ‘n nasionale toekenning is, en sommige van die plaaslike universiteite bied beurse aan leerders wat hierdie toekenning verwerf.