Koshuis
Founders House – Die Legende Leef Voort
Ons bied verblyf aan seuns en dogters van Graad 8-12.
Toegewyde en besorgde personeel sien om na die daaglikse behoeftes van die leerders . Vervoer na buitemuurse aktiwiteite, dokters, tandartse, ens. word voorsien. Op Sondagoggende woon leerders ‘n plaaslike kerkdiens by. Ons ondersteun integriteit, eerlikheid, goeie maniere en liefde vir ons medemens en God as kernwaardes.
Die koshuis is meer as net n tydelike blyplek, dit is ‘n plek waar vriende, familie word.
‘n Tweede tuiste waar ‘n mens kan sosialiseer en onafhankilik word.
My tweede, gelukkige tuiste.
Geskiedenis van Founders House voorheen bekend as Huis Jan Stander
Die eerste Voortrekker seunskoshuis se deure het in 1934 op Mayors Walk oopgemaak. Die eerste hoofseun was D. van der Merwe. In 1986 het Oom Jan Stander die gelyknamige Huis Jan Stander (HJS) geopen en die eerste hoofseun was R. Pretorius . In 1991 is daar besluit dat slegs een koshuis, wat beide seuns en dogters sou huisves, nodig is. Die eerste hoofmeisie was Ursula Weideman. Die eerste
Die eerste superintendent van HJS was Mr D.P. van Rensburg, gevolg deur Mr Jan Nel(Wors). Mr N. Loubser het volgende die posisie beklee, gevolg deur Me A Snyders, Me S Jansen van Vuuren, Mr D Younie, Mr F Wessels, Me A Oosthuizen en Mnr N Slabbert. Die huidige superintendent is Mnr C Klein.
Koshuispersoneel:
Koshuis Superintendent: Mnr C Klein
klein.c@riverwoodcollege.co.za
Personeel: koshuisseuns
Mnr C Klein
Mnr S Jacobs
Mnr J Olivier
Mnr S Mkhize
Personeel: koshuismeisies
Mev M Klein
Me N Cele
Me M Wilken
Me A Gouws