Akademie
Riverwood College is bevoorreg om met ʼn uitmuntende akademiese standaard daaruit te sien, sowel as met opgeleide en bekwame onderwyspersoneel. Ons beskou dit as ons missie om die klasonderwysers, die departementshoofde en die voorligter nou te laat saamwerk om elke leerder te ondersteun. Hier beskou ons onsself as ʼn verlengstuk van die familie-omgewing en help ons met die holistiese ontwikkeling van elke leerder, sodat hy of sy akademies, fisies en geestelik kan ontwikkel.
Ons beradingsdepartement bestaan uit bekwame Lewensoriënteringonderwysers en ons het ‘n opvoedkundige sielkundige op ons skoolterrein. Ons het ‘n wonderlike verhouding met tersiêre instellings wat ons gereeld besoek deur die jaar. Hierdie aspekte help ons leerders om aan te pas by die eise van adolessensie, om interpersoonlike verhoudings te ontwikkel, studievaardighede te ontwikkel en om die regte vakkeuses vir hulle toekomstige loopbane te maak.
Aanlynleer
Riverwood College bied volledige aanlynklasse aan deur middel van Google Classroom. Google Classroom is ‘n gratis diens en elke leerder ontvang ‘n Google rekening en persoonlike Riverwood College eposadres. Google Classroom maak dit makliker vir leerders en onderwysers om met mekaar in verbinding te tree – binne en buite skoolverband. Google Classroom spaar tyd en papier, maak dit maklik om aanlynklasse te skep, om take te versprei, te kommunikeer en georganiseerd te bly.
Vakkeuses
‘n Graad 8- en Graad 9-leerder word onderrig volgens die Uitkomsgerigte Onderwyssillabus, wat agt leerareas voorskryf.
Graad 8
LLC | Afrikaans |
Engels | |
MLMMS | Wiskunde |
NS | Fisiese Wetenskappe |
Lewenswetenskappe | |
HHS | Geskiedenis |
Geografie | |
A & C | Kuns & Kultuur |
LIFE | Lewensoriëntering |
Liggaamlike Opvoeding | |
TECH | Tegnologie |
EMS | Rekeningkunde |
Besigheidstudies |
Graad 9
LLC | Afrikaans |
Engels | |
MLMMS | Wiskunde |
NS | Fisiese Wetenskappe |
Lewenswetenskappe | |
HHS | Geskiedenis |
Geografie | |
A & C | Kuns & Kultuur |
LIFE | Lewensoriëntering |
Liggaamlike Opvoeding | |
GRDS | Ingenieursgrafika en -ontwerp |
TECH | Tegnologie |
Graad 10 – 12
KIES EEN | AFRHL | Afrikaans Huistaal |
ENGFA | Engels Eerste Addisionele Taal | |
KIES EEN | MATH | Wiskunde |
MLIT | Wiskundige Geletterdheid | |
LIFE | Lewensoriëntering |
Keuse vakke Graad 10 – 12
Kies EEN in elke lyn
**Vetgedrukte vakke word nie in aanmerking geneem vir Universiteitstoelating nie.
LYN 1 |
PHSC Fisiese Wetenskappe |
BSTD Besigheidstudies |
CNST Verbruikerstudies |
DRMA Drama |
LYN 2 |
HIST Geskiedenis |
ACCN Rekeningkunde |
GRDS Ingenieursgrafika en –ontwerp |
HIST Geskiedenis |
LYN 3 |
LFSC Lewenswetenskappe |
GEOG Geografie |
ELTT** Elektriese Tegnologie |
CATN** Rekenaartoepassingstegnologie |