Pretgalery
Loer ‘n bietjie na foto’s van ons jaarlikse gebeurtenisse en pret
Sportdag 2020
Koolkoppe 2020
Die Werkswinkel se heel eerste produksie is gedurende die eerste kwartaal van 2020 op die planke gebring. Die produksie was ‘n epiese teaterstuk genaamd “Koolkoppe”, geskryf deur Gaie Houston met regie deur Elizabeth Maritz. Epiese teater (soms ook na verwys as didaktiese teater) is teater wat primêr gefokus is daarop om opdrag te gee of te onderrig.
Waatlemoenfees 2020
Elke jaar bied hierdie geleentheid baie pret! Ons nuwe graad 8-leerlinge leer mekaar beter ken en kry die geleentheid om die dag saam met ons matrikulante te geniet.
Junior Prysuitdeling 2020
Ons jaarlikse prysuitdeling gun ons die geleentheid om die Vorieleerders van graad 8 tot 11 erkenning te gee na ‘n jaar se harde werk.
Vories Kan Kook 2019
Ons graad 10 – 12 verbruikerstudieleerders neem deel aan hierdie kompetisie. Hulle kan gaste nooi om die aand by te woon. Die deelnemers word in groepe verdeel en elke groep berei ‘n driegangmaaltyd voor vir die gaste. Beoordelaars kies die onderskeie pryswenners aan die einde van die aand.
Koshuisete 2019
Die koshuisleerders sien elke jaar uit na hierdie geleentheid wat aan die einde van die jaar plaasvind. Die graad 11 ouers en koshuispersoneel doen baie moeite met die beplanning en voorbereiding sodat hierdie geleentheid ‘n fees vir die leerders is. Die gekose tema dra ook by tot ‘n uitstekende aand. Die hoogtepunt van die aand is altyd die aankondiging van die koshuisprefekte vir 2020, sowel as die aankondiging van die veelsydigste koshuisseun en -meisie.
Brugkonsert 2019
Hierdie konsert is ‘n jarelange tradisie by die Hoërskool Voortrekker en bied baie geleenthede aan die leerders om te groei. Leerders kry die kans om hul onderskeie musikale talente op die skool se brug met ‘n buitengewone akoestiek, voor ‘n gehoor ten toon te stel.
Mnr en Mej Vorie 2019
Die Mnr en Mej Vorie kompetisie is ‘n sosiale geleentheid wat die skool en sy leerders verenig. Leerders in graad 9 – 12 kry die geleentheid om in te skryf en deel te neem. Die skoolsaal is gewoonlik propvol met ‘n Voriegehoor. Die beoordelaars kies die wenners van Mnr en Mej Vorie asook 1ste en 2de Prins en Prinses, Mnr en Mej Persoonlikheid en Mnr en Mej Fotogenies.
Matriekdans 2019
As daar een aand is waarna elke matrikulant uitsien, is dit die matriekafskeid. Dit is sekerlik (behalwe vir jou troudag!) die geleentheid wat die langste voor die tyd beplan word. Hierdie besonderse funksie is ‘n jaarlikse gebeurtenis waar die matrikulante die geleentheid het om as ‘n Voriefamilie saam te verenig en fees te vier.
Sportprysuitdeling 2019
Die jaarlikse sportprysuideling erken en eer ons leerders wat deur die jaar uitgeblink het in verskeie sportkodes.
Wetenskapaand 2019
Hierdie aand sorg vir baie opwinding en die Vorie-deelnemers het die voorreg om hul ervaring te verbreed terwyl hulle hul eksperimente voor ‘n gehoor uitvoer.
Senior Prysuitdeling 2019
Ons jaarlikse senior prysuitdeling erken en gee erkenning aan ons Graad 12 leerders se harde werk en deursettingsvermoë.