Sport 

By Riverwood Colllege beskou ons die sportprogram as ‘n uiters belangrike en integrale deel van die holistiese opvoeding van ons leerders. Ons is trots daarop om teen die topskole in KZN te kompeteer en ons seuns en dogters die bes moontlike geleenthede te bied.

Ons het ‘n uitgebreide sportprogram wat die volgende sportkodes aanbied:

KZN Verteenwoordigers

KZN Action Netbal

Me M Booysen (coach) met Tamika Baker

KZN Krieket

Andrew Gerber en Joshua Landsberg

KZN Girls Krieket

Suné Marais en Danielle van Staden

KZN Hokkie

Okuhle Nomnganga

KZN Netbal

Tamika Baker

KZN Olimpiese gewigoptel

Voor: Seaton Haynes, Monica Thursfield, Me J Liebenberg, Mia Dormehl, Tarien Gouws
Agter: Patrick van Zyl, Christopher Smal

KZN Sokker

Voor: Sbongakonke Nkomo, Swelihle Dlamini, Agter: Talyah Lowe, Natanya le Roux, Danielle van Staden

KZN Skyfskiet

Nicholas Walker, Zandra Grové, Mnr A Grové, Zander Grové

Krieket

By Riverwood College is ons bevoorreg om min of meer 60 seuns te kan akkommodeer gedurende die krieketseisoen op twee velde, waarvan die een spreiligte het, waarop dag-aand wedstryde gespeel word. Die hoogtepunt van die krieketjaar is die jaarlikse Riverwood College Krieketreeks wat aangebied word gedurende die Julievakansie, waar ons gasheer speel vir skole van regoor die land.

Rugby

Riverwood College het ‘n ryk rugbygeskiedenis en ons is al deel van die Maritzburgse liga vir meer as 50 jaar. Ons bied die Rugby Aandreeks aan waarin top KZN-skole kompeteer. Ons jaarlikse Sportdag is ‘n groot hoogtepunt en rugby is die hoofitem van die dag siende dat meer as 50 spanne daaraan deelneem.

Hokkie

Hokkie het oor die afgelope paar jaar regtig gegroei by Riverwood College tot ‘n volwaardige sport. Ons akkommodeer min of meer 60 meisies en 40 seuns in die skool se 8 spanne onderskeidelik. Ons kompeteer in die Umgungundlovu-liga en elke jaar verteenwoordig van Riverwood College se spelers KZN op nasionale vlak.

Binnenshuise hokkie

By Riverwood College neem on deel aan Binnemuurse Hokkie vir meisies gedurende die 4de kwartaal. Dit is ‘n kort seisoen, maar dien as ‘n baie goeie voorbereiding vir die buitemuurse seisoen. Ons maak gebruik van die YMCA se binneshuisbane om vier maal ‘n week te oefen met twee junior en twee senior spanne.

Esports

Riverwood College is deel van die Hoërskole E-Sports Liga (HESL) waar ons teen skole regoor die land meeding. Ons het ‘n toegewyde gaming-sentrum gebou waar ons leerders kan meeding, oefen en daarna streef om die beste te wees. Ons glo dat die algemene definisie van ‘n sportsoort “’n aktiwiteit is wat fisieke inspanning en vaardigheid behels waarin ‘n individu of span teen ‘n ander meeding vir vermaak”. Mededingende gaming tref elkeen van hierdie punte. In kompetisie-gaming moet jou vaardighede insluit ongelooflike hand-oog-koördinasie en presisie. Jy moet buitengewoon mededingend wees teenoor die opponerende span en ook ‘n spanspeler in eie reg wees. Vanweë die ongelooflike groot mededingende formaat, fisieke spanning en vaardighede, is gaming ‘n sport.

Netbal

Riverwood College neem deel aan die A-liga wedstryde in die KZN-Middellande. Oor die jare het Riverwood College al verskeie KZN-spelers opgelewer wat op internasionale vlak kompeteer het. Ons neem ook aan die Fast Five-toernooi sowel as die Aksienetballiga, aangebied deur die Pietermaritzburgse Binnehuissentrum, deel.

7s Rugby

7’s Rugby raak al hoe meer populêr en in die volgende seisoen sal ons 2 senior en 2 junior spanne hê. Ons bied ‘n jaarlikse 7’s toernooi aan by die Woodburn Stadion en dit is ‘n groot hoogtepunt op die Pietermaritzburgse rugbykalender.

Tennis

Alhoewel tennis nie te groot is nie, kompeteer ‘n groep hardwerkende en toegewyde individue in 6 spanne by die skool. Ons het al oor die jare ‘n aantal KZN-spelers opgelewer en is ook baie trots daarop dat ons gespesialiseerde afrigting deur Mnr. D Brown kan aanbied.

Sokker

Sokker by Riverwood College is gevul met opwinding en nuwe uitdagings vir ons opkomende sterre. Ons het oor die jare al ‘n aantal leerders gehad wat KZN-Middellande verteenwoordig het in die o/14-o/19 spanne. Ons spelers ontvang gespesialiseerde afrigting deur Mnr. P Wilson Olumu, wat voorheen vir Nigerië verteenwoordig het as ‘n midfielder en ook voorheen vir Maritzburg United gespeel het.

Landloop en Mudman

‘n Groep toegewyde leerders kom twee maal ‘n week bymekaar om te oefen vir landloopkompetisies aangebied deur verskeie skole regdeur die jaar. Ons beskik ook oor ‘n uitstekende span wat aan die jaarlikse Mudman Series (fietsry, hardloop en swem) deelneem en vir die afgelope twee jaar kraai hulle koning in vier van die vyf kompetisies in die skole-afdeling.

Swem

Swem is een van die hoof sportsoorte in die skool. Ons het ‘n pragtige 12-baan swembad met goed toegeruste kleedkamerfasiliteite. Riverwood College het al verskeie KZN-, Middellande en Nasionale swemmers opgelewer oor die afgelope 10 jaar. Vir die laaste drie jaar plaas ons onder die top drie skole wat deelneem by die Afrikaans Gala, Co-ed Gala en verskeie ander galas aangebied deur skole in Pietermaritzburg.

Atletiek

Atletiek is een van die kleiner sportsoorte by Riverwood College. Dit gesê, bewys ons atlete beslis dat hulle hard werk. Ons neem deel aan drie groot skole atletiekbyeenkomste en het ook gereeld atlete wat kwalifiseer vir die Middellandespan. Ons Interhuis word by die Harry Gwala Atletiekstadion aangebied.

Muurbal

Die skool spog met twee muurbalbane. ‘n Groep toegewyde spelers geniet afrigting deur mnre. A Immelman en J Hack op beginner-, intermediêre en gevorderde vlak. Hierdie sport is besig om stadig maar seker te groei en ons is opgewonde oor die toekoms van muurbal by Riverwood College.

Skyfskiet

Ons is ‘n hegte groep wat dwarsdeur die jaar in KZN meeding. Ons lewer top skuts in KZN en baie van ons leerders het al KZN-kleure verwerf en ook aangegaan om te kompeteer op nasionale vlak. Ons span word afgerig deur ‘n gekwalifiseerde polisie-offisier, mnr. A Grové.

Olimpiese gewigoptel

Ons is baie trots daarop om die eerste en enigste skool in die provinsie te wees wat olimpiese gewigoptel as ‘n skoolsport aanbied. Ons het ‘n span van ses leerders gedurende 2019 gestuur om KZN te verteenwoordig by die SA-kampioenskappe en hulle het ses goud en een silwer medalje verwerf. Die sport is aan die groei onder dogters en seuns.